Robotika vir die jongspan?

Robotika vir die jongspan?

Nie almal is opgewonde oor die regering se idee om robotika en programmering deel van die kurrikulum te maak nie. Meeste glo die idee kan werk op papier, maar is skepties oor die uitvoering daarvan (ek val in hierdie kategorie).
Daar is egter min wat voel dat robotika op jong ouderdomme nie ‘n goeie idee is nie. Willem van der Velden (akademiese hoof van Creative Education) is wel een van hulle.

In ‘n artikel deur parent 24 verwoord hy sy bekommernisse. Ek is nou nie self ‘n akademiese hoof van ‘n skool nie, maar stem nie mooi saam met wat hy sê nie. Van der Velden voel dat die waar en vals logika wat saam met programmering gepaard gaan nie goed is vir die ontwikkeling van kinders op so jong ouderdom nie. Hy is van mening dat kinders eerder moet wyer dink, en verbeelding en kreatiwiteit te ontwikkel.

Is dit nie juis wat robotika en programmering ontwikkel nie? In ‘n land met ‘n volgepakte, streng kurrikulum is robotika nie juis een van die min platforms waar hierdie eienskappe wel ontwikkel kan word nie?

Lees die artikel en besluit vir jouself:

https://m.parent24.com/Learn/Learning-difficulties/coding-and-robotics-not-for-young-children-20190729

Raspberry Pi 4 kom in September

Raspberry Pi 4 kom in September

Twitter gons oor die nuwe Pi 4 maar Suid Afrikaners moet wag tot September hulle hier land!

Kyk, ek het nog nie my hande vuil gekry met die Pi 3 nie. Al wat ek gedoen het was om twee te koop om te dien as ‘n goedkoop web-browser. Dit was nie die geval nie. Hulle kon Youtube en Google docs hanteer, maar Tinkercad en Code.org het hom maar platgetrek.

Die Pi4 word egter beskryf as ‘n goedkoop rekenaar en vir onder R1000 moet mens Pi nog ‘n kans gee. Die slegste uitkoms kan wees dat jy hom iets laat doen wat jy nie self wil doen nie, soos om jou klaskamer se gordyne oop en toe te maak.

Lees die artikel vir meer detail en spesifikasies:

https://www.iol.co.za/business-report/technology/raspberry-pis-new-4-model-b-microchip-is-coming-to-sa-28670311

Robotika kom na RSA skole

Robotika kom na RSA-skole

Suid-Afrikaanse skole gaan binnekort robotika en programmering bykry as ‘n vak vanaf graad R.

Een gedeelte van my is baie opgewonde oor die saak omdat dit volgens my ‘n kritiese element van opvoeding is. ‘n Ander deel sien raak dat dit ‘n groot uitdaging gaan wees om dit landswyd te implementeer as jy skole se begrotings en onderwysers se opleiding in hierdie veld in ag neem.

Lees hierdie artikel en besluit self:
https://businesstech.co.za/news/government/304684/south-african-schools-will-soon-get-these-3-new-subjects/?fbclid=IwAR2n8ZTsPLHSFKhkCG86ux1UFy_qzeV5SIeuuAZbtRfI9Ip3tni1N47mrm0