Laerskool die Krans Robotika Klub
Nou ook oop vir nie-Kransies
Ons Klasse
Robotika
Robotika
‘n Kombinasie van programmering, meganika, probleemoplossing, kreatiwiteit en spanwerk kombineer in ‘n omgewing wat kinders geniet.
Van graad 1 tot graad 9
Koste:
- R1 000/kwartaal vir ‘n weeklikse een uur sessie
- R1 500/kwartaal vir twee weeklikse een uur sessies
Rekenaar Wetenskap
Rekenaarwetenskap
In vandag se tyd is rekenaarvaardigheid nie meer iets wat jou onderskei nie, dit is vanselfsprekend. Wat jou nou laat uitstaan is jou vlak van rekenaarvaardigheid.
Kom leer:
- Programmering
- Rekenaargesteunde ontwerp (of in Engels “CAD”)
- Digitale burgerskap
- Google docs, sheets, slides, drive
- Eposvaardigheid
- Watookal ons volgende aan kan dink!
Koste:
- R775/kwartaal vir ‘n weeklikse een uur sessie